Christen egpaar appelleer oor homoseksuele saak

’n Streng Christelike egpaar, Daniel McArthur en Amy McArthur, wat die eienaars is van die “Ashers Baking  Company” in Noord-Ierland, is oppad na die appèlhof omdat hulle geweier het om ’n koek te versier wat ook ’n pro-homoseksuele slagspreuk moes bevat.

Die eienaars, wat ses bakkerye besit, het geweier om so ’n koek te maak omdat dit direk teen hulle geloofsoortuiging is.

In die hof het die regter bevind dat die egpaar se weiering om die koek te maak, diskriminerend is, maar is deurgaans deur hulle ontken.

Nou het hulle besluit om die saak wat klaarblyklik slegs akademiese waarde het, verder te voer in die appèlhof.

Die eienaar sê hy neem die saak verder ter wille van die reg van ’n Christen om sy geloof uit te druk, sonder vrees vir vervolging.

Foto – Daniel en Amy McArthur