Capitec gereed vir verweer

Die hofsaak teen Capitec oor ontoelaatbare leningspraktyke behoort binnekort voor die hof te dien.

Die organisasie, Summit, wat leners wat onder finansiële druk verkeer bystaan, het Capitec by die Kaapstadse hooggeregshof en Stellenbosch se landdroshof aangekla van oortreding van kredietregulasies.

Volgens Summit staan Capitec eenmalige maandelikse herhalende lenings toe wat maandeliks herhaal kan word sonder om leners se terugbetalingsvermoëns gereeld te bepaal. Daar word ook elke keer ʼn 12% aanvangsfooi gehef.

Volgens die bank se hoofuitvoerende beampte sal hulle in Junie gereed wees met hulle verdediging.

Capitec is die Suid-Afrikaanse bank met die grootste onversekerde leningsboek.