Bush stem nie vir Trump

Die weerstand van verskeie senior Republikeine teen die presidentskandidaat, Donald Trump, het weer na vore gekom toe Jeb Bush, wat self ’n poging aangewend het om kandidaat te word, gesê het hy stem nie vir Trump nie.

Dit is die derde Republikeinse politikus wat bekend maak dat hy nie bereid is om Trump te ondersteun nie, terwyl die miljardêr te kenne gegee het dat hy hom nie veel daaraan sal steur nie.

Bush, die voormalige goewerneur van Florida, het gesê hy steun nie die Republikein nie, maar sal ook nie vir die Demokrate stem nie.

Die gewilde Paul Ryan, speaker van die Republikeine en senator Graham van Suid-Carolina het ook gesê hulle weier om Trump te ondersteun.

Trump het later gesê die miljoene kiesers wat nou by die Republikeinse party aangesluit het, is van groter waarde as die mening van drie meningsvormers.

Foto – Jeb Bush