Brasilië se nuwe regering onder verdenking

Die interim-regering van Brasilië word nou gebombardeer nadat ’n bandopname gelek is waarin “saamgesweer” is om van president Rousseff ontslae te raak en dat ondersoeke na korrupsie gestop moet word.

Die hoop bestaan dat die bandopname kan lei tot verdere inligting wat sal aandui dat die Werkersparty se president Rousseff onregmatig geskors is en dat die interim-regering ook skuldig is aan dieselfde oortredings.

Minister Romero Juca, wat na aan die waarnemende president Michel Temer is, het egter gesê hy is bereid om verlof te neem nadat die koerante onthul het dat daar ‘n “sameswering” was om pres. Rousseff te skors.

Minister Juca het glo volgens die bandopname, gesê die land benodig ’n stelsel wat die massiewe korrupsie kan stop, maar dat bestaande ondersoeke ook gestaak moet word.

Intussen gaan die afgesette president se veldtog voort in die land waarin sy steun werf vir haar saak en optogte reël teen die interim-regering.

Ondersoeke word nou gedoen na die moontlike betrokkenheid van die waarnemende president Temer, en verskeie lede van sy kabinet.

Foto – president Temer