Boere gedreig om plase te verlaat

Vyf boere van Ermelo en Chrissiesmeer het WhatsApp-boodskappe gekry met dreigemente dat hulle hul plase moet verlaat of weerwraak sal op hulle vrouens en kinders geneem word.

Die boodskap is almal van dieselfde nommer gekom en lui: “Vacate your land whyte (sic) man or we will forse (sic) you. Take your wife and children away. We will visit them . . . ”.

Die foto wat aanvanklik by die WhatsApp-profiel verskyn het, is onbekend aan die boere. Die foto is later verwyder.

Sake van intimidasie is by die polisie gelê en alle moontlike leidrade word opgevolg.

Dit is onbekend hoe die verdagte die boere se kontakbesonderhede in die hande gekry het.

Onlangse mediaberigte het gefokus op die skaapdiefstalle wat waarskynlik deur ‘n veediefstalsindikaat in die oostelike deel van die Oos-Transvaal gepleeg word. In een van die wreedaardigste gevalle is 38 dragtige ooie in die Chrissiesmeer-omgewing deur die diewe geslag.

Foto – Skermgreep van die WhatsApp-boodskap