Boere en seun gee droogtehulp

‘n Natalse boer en sy seun het uitgereik na plaasboere wat erg geraak is deur die knellende droogte en het 800 bale hooi aan boere in Hluhlwe geskenk.

‘n Televisieprogram oor die droogte in die Karoo het die eienaar van die plaas, Zuivergoud, JJ de Velde beweeg om ander boere te wil help.

Hy het die beeste nie en het na ‘n goeie aartappeloes besluit om diegene te help wat swaar getref is deur die droogte.

Hy het die KwaZulu-Natal Landbou-unie (Kwanalu) geskakel en hulle het hom meegedeel dat hulp dringend nodig is in Zoeloeland.

De Velde en sy seun het spesiaal toerusting gekoop om die hooi te baal en dit toe deur Bencor Boerdery laat vervoer. 

Dit is geneem na die voorsitter van die Hluhluwe landbouvereniging, PJ Hassard se plaas, vanwaar dit aan Hluhluwe-boere uitgedeel sal word.

Volgens De Velde duur die droogte steeds voort en sal dit erger gaan in die winter. Hy wil nie hê plaasboere wat sukkel moet voel hulle is alleen nie, want diegene wat kan help, sal dit doen.