Beloning van R100 000 vir inligting

Die Valke het ‘n aardige bedrag van ‘n R100 000 aangebied vir inligting wat sal lei tot die inhegtenisneming van ‘n verdagte wat ‘n vriend van die Tsjeggiese mafiabaas, Radovan Krejcir, vermoor het.

Thabiso Ledwaba, ook bekend as Kagiso Linken, het in Maart uit die rondgaande hooggeregshof in Palm Ridge ontsnap nadat hy skuldig bevind is aan die moord op die Duitse motorhandelaar, Uwe Gemballa.

Daar is nege ander aanklagte teen hom, onder meer van moord, poging tot moord en die onwettige besit van vuurwapens.

Volgens die Valke is die verdagte gewapen en baie gevaarlik. Lede van die publiek is aangeraai om hom nie te konfronteer nie.

Ledwaba is beskryf as een van die Valke se mees gesoekte misdadigers, en dit verklaar waarskynlik die ongekende hoë beloning.