Bejaarde vrou se moordenaar is nog soek

Niemand is tot dusver in hegtenis geneem in verband met die moord op die bejaarde mev. Annatjie Kruger van Orkney in Wes-Transvaal nie.

Kruger (89 jaar) se liggaam is deur die polisie met ‘n snywond aan haar keel op die vloer van haar woonstel gekry. Sy het haar kerkklere aangehad en bure het vroeër aangeneem dat sy kerk toe is omdat hulle gesien het haar motor is nie by die woonstelkompleks nie.

Haar dogter het egter onrraad vermoed toe sy nie haar ma in die hande kon kry om haar met moedersdag geluk te wens nie, en het haar bure gevra om ondersoek te gaan instel.

Volgens die polisie is haar televisie, selfoon, beursie en wit Mercedes Benz gesteel.