Bayer mik vir Monsanto

Die grootste medisyne en chemiese maatskappy in Duitsland kan dalk binnekort die eienaar word van die omstrede Monsanto, die reuse produsent van saad en plaagbestrydingsmiddels.

Monsanto het bevestig dat ’n aanbod ontvang is van Bayer, Duitsland se voorste vervaardiger van mediese preparate, dieregesondheidsmiddels en plaagbestrydingsmiddels.

Monsanto, ’n Amerikaanse maatskappy wat telkens in die spervuur gekom het oor sy manipulasie van sade, sê in ’n verklaring dat ’n “nie-bindende” aanbod gemaak is deur Bayer.

Die Duitse vervaardiger het bevestig dat ’n voorlopige voorstel vir die oorname van Monsanto gestuur is, maar het nie uitgebrei oor die breër besonderhede van die aanbod nie.

Alhoewel geen prys vermeld is nie, het finansiële deskundiges daarop gewys dat Monsanto ’n markwaarde van nagenoeg $42 miljard het.

Bayer, wat wêreldwyd funksioneer, het tans sowat 112,000 amptenare om die maatskappy se belange te dra.

Dit blyk egter dat die aanbod nie aanvaar sal word nie aangesien Monsanto mik na ’n koper wat bereid sal wees om die aandele oor te neem teen ’n prys van $150 elk, terwyl die huidige markprys op $97 staan.