Bayer bied $122 vir Monsanto aandeel

Die Duitse reus, Bayer, het glo $122 per aandeel aangebied om Monsanto oor te neem, wat beteken sowat $62 miljard is ter sprake waaroor die potensiële verkoper nog geen woord gerep het nie.

Indien Monsanto die aanbod aanvaar, sal Bayer die wêreld se grootste vervaardiger van plaagbestrydingsmiddels, saad en kunsmis wees.

’n Woordvoerder van Bayer het glo gesê die aanbod van $122 per aandeel is gekoppel aan die betrokke week se verhandelingswaarde van Monsanto-aandele.

Sedert Monsanto die aanbod verlede Woensdag ontvang het, het die maatskappy geen enkele woord gerep oor die moontlikhede nie, wat die vermoede laat ontstaan dat hulle nie die aanbod baie gunstig oorweeg nie.