Bankrot SAL borg lugreise vir R110 miljoen

Die borgskap vir R110 miljoen van die Suid-Afrikaanse sokkerspan deur die bankrot Suid-Afrikaanse Lugdiens het in die parlement onder die soeklig gekom.

Volgens die minister van finansies, Pravin Gordhan sal die borgskap die vorm van goedgunstige waarde en nie kontant aanneem. Dus kom die borgskap op gratis lugreise neer.

Die borgskap vir Bafana Bafana wat in Maart vanjaar aangekondig is, beloop R110 miljoen oor vyf jaar.

Dit is onaanvaarbaar dat die bankrot SAL wat die afgelope jare met miljarde rande se belastinggeld aan die lewe gehou moes word, borgskappe van miljoene rande verskaf, al is dit in die vorm van gratis lugreise, het dr. Pieter Groenewald, van die VF Plus gesê.

Gordhan het die inligting oor die borgskap verskaf in antwoord op ‘n skriftelike vraag van dr. Groenewald daaroor.

Inligting toon dat die staat se hulp aan die SAL oor die afgelope jare na raming tussen R14 miljard en R45 miljard beloop.

Bafana Bafana is tans sewentigste op Fifa se ranglys. “Dit is nie regverdig en aanvaarbaar dat die staat en die publiek ʼn span borg wat soos die SAL, onderpresteer nie,” het dr. Groenewald gesê.