Bankgradering afwaarts aangepas

Die kredietgraderingsagentskap Moody se afgradering van Baa+ na Baa2- op 27 Mei is op hierdie stadium onwelkome nuus.

Dit plaas die banke op slegs twee vlakke bo risikovlak. Moody voorsien dat daar 12 tot 18 maande se ekonomiese onsekerheid voorlê en die afwaartse aanpassing gaan saam met die pas afgelope verlaging in die land se ekonomiese groeikoers, die verbruikersbestedingsdruk weens die nuutste verhoogde werkloosheid en skerp prysstygings.

Die ander twee kredietgraderingsinstansies, Fitch en Standard & Poor’s se gradering vir S.A. teen BBB- plaas die land reeds op net een vlak bo ‘n rommelekonomie.