As jy mors sal jy skoonmaak

Panyaza Lesufi is geen vriend van die Afrikaner of ons taal nie, maar in ´n uitsondering wat die reël bewys, het hy skoliere én ouers vasgevat.

Na die onlangse geweld en skade by die Orlando High School het die LUR toegesien dat leerlinge hul eie gemors skoonmaak voordat klasse heropen is.

Dit staan in skrille kontras met honderde-miljoene rand se skade aan universiteite en skole landwyd.

Die besluit moet sekerlik geloof word, maar die vermoede dat dit meer te doen het met verkiesingspolitiek as oortuiging, bly maar knaag.

Só meen een ontleder met wie Die Vryburger gesels het.

Lesufi is andersins berug vir sy haat teen Afrikaner-erfenis en Afrikaans in Sentraal-Transvaalse skole en hy is ´n verbete kampvergter vir die vernietiging van moedertaalonderrig.

Foto – Opruiming by Orlando High School