Arabiese Emirate wil berg bou

Die Verenigde Arabiese Emirate skenk nou oorweging aan die moontlikheid om ’n reuse berg te bou om die reënval in die land te verhoog.

Wetenskaplikes bestudeer die moontlikhede om ’n reuse berg te bou en deskundiges uit die VSA-basis van die Navorsing Sentrum ondersoek alle moontlikhede.

Die Amerikaner, Roelof Bruintjes lei die navorsingspan wat aan die projek werk en het glo gesê ’n gedetailleerde verslag van al die moontlikhede moet eers opgestel word wat onder meer ook aandui hoe hoog die berg moet wees, hoe die hellings opgestel moet word, en hoe lank die berg moet wees.

Ander faktore soos weerpatrone sal in ag geneem word met die verskillende bergformasies wat oorweeg kan word, maar die ligging en breedte van die berg is ewe belangrik.

Dit is nie bekend hoe lank die ondersoek sal duur nie, maar die koste daarvan kan nagenoeg $500,000 beloop.