Apartheidsregering was toe onskuldig

Dit was toe nooit die apartheidsregering van dr. Hendrik Verwoerd wat Nelson Mandela in die tronk laat beland het nie, maar die Amerikaanse CIA het agter alles gesit.

Gegewens wat pas vrygestel is van die destydse CIA dui daarop dat die spioenasie-agentskap agter die arrestasie in 1962 van die kommunisties gesinde terroris, Nelson Mandela, gesit het.

Hy was geïdentifiseer as ’n risiko vir die VSA weens sy beweerde verbintenis met die kommunistiese regering van Rusland.

In ’n verslag van die Britse koerant, “The Sunday Times” verskyn ’n berig waar ’n onderhoud gevoer is met ’n voormalige CIA-agent, Donald Rickard, wat in Suid-Afrika was. Die opspraakwekkende feite het in die onderhoud na vore gekom.

Rickard het glo as ’n diplomaat van die VSA in Suid-Afrika gewerk, en hy beweer dat Mandela onder beheer van Moskou was in die jare tot 1962.

“Mandela kon ’n oorlog in Suid-Afrika begin, wat die VSA sou betrek, en wat derhalwe ’n gevaar vir Amerika inhou”, het hy glo gesê.

“Die gevaar van Mandela moes gestop word, en ek het ’n stop daaraan gesit”, se die voormalige CIA-agent.

Hy sê dit is bekend dat Mandela goedkeuring gegee het vir die ANC se revolusionêre optrede in die land.

’n Politieke ontleder van Pretoria sê die CIA-optrede maak sin, en dit beteken dat Mandela se goedkeuring vir die slagting met die Kerkstraat-bom, ’n daad van kommunistiese inslag is.

Foto – Nelson Mandela