Angola geelkoors laat sterftes styg

Die Wêreld Gesondheid Organisasie (WGO) sê  die ergste voorkoms van geelkoors in die afgelope drie dekades het vanaf die hoofstad van Angola na die plattelandse gebiede versprei.

Vanaf Luanda het die virus versprei na dele van die platteland sowel as na kusgebiede, en het meer as 300 mense reeds gesterf aan die virusbesmetting.

Volgens die WGO is meer as 2,500 mense reeds met die virus besmet, en ’n dramatiese styging in sterftes word verwag.

Intussen het die virus versprei na ander Afrika-lande waarvan die eerste voorvalle in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK), asook in Kenia en in Sjina aangemeld is.

In die DRK is reeds meer as 40 gevalle gerapporteer, terwyl Sjina sowat 15 gevalle geregistreer het.

Besmette muskiete is die draer van die dodelike virus, wat as mense nie vroegtydig geïmmuniseer word nie, eers erge pyne ontwikkel, waarna bloeding voorkom uit die mond, oë en ore, om kort daarna te sterf.

Daar bestaan geen geneesmiddel vir iemand wat met die virus besmet is nie, en daarom is dit belangrik om vooraf geënt te word wanneer die gebiede besoek word waar geelkoors is.

Die WGO het meer as 2,5 miljoen dosisse entstof gekry wat in die gebiede aan mense toegedien sal word in die komende weke.