Weg met SAL sê Phosa

Matthews Phosa het ‘n beroep gedoen op die regering om ontslae te raak van die geld-vretende semi-staat instellings soos SAL.

Volgens hom kan daar nie toegesien word dat ‘n Gupta-SAL ooreenkoms nagekom moet word nie, die geld kan eerder gebruik word om onderwys in SA te finansier.

Die afgelope twee dekades kon die SAL net nie daarin slaag om ’n geloofwaardige en winsgewende bedryf te bly wat dit voorheen was nie.

Kenners wys daarop dat ‘n verdere opsie is om die fondse wat in SAL gepomp word, eerder vir beroepsopleiding aan te wend om sodoende mense op te lei vir die arbeidsveld.

Beroepsopleiding of ambagsopleiding het altyd sy plek gehad maar moes uitskuif sodat almal met grade kan rondloop wat geen internasionale akkreditasie kon bekom nie, word gesê.