Regering gekritiseer oor landbou beleid

Die onlangse begrotingsdebat oor die Departement van Landbou het verskeie sprekers laat ontplof oor die eensydige, diskriminerende beleid wat deur die kommunistiese regime toegepas word.

Verskeie woordvoerders het die regering daarop gewys dat sy beleid hoofsaaklik gemik is op die swart landbouers, terwyl die blanke landbouer dieselfde droogte toestande het, en die hoof voedsel produseerders van die land is.

Die regering se afsydigheid teenoor landbou in die algemeen is ’n bron van kommer, veral omdat die boer se herhaaldelike versoeke dat die Departement meer betrokke moet raak, op dowe ore val.

Sprekers het tydens die debat daarop gewys dat die regering uitstekend daarin slaag om te bewys dat hy geen erg het daaraan om die landbou te ondersteun nie.

Verskeie sprekers het aangedui dat die regering slegs bemoeienis maak met bestaansboere wat spartel om te bly bestaan, maar geen bydrae lewer om 60 miljoen se monde te voed nie.

Om die wereld te flous, word opkomende boere, wat almal swartes is en grond bekom het deur die regime se grondgryp aksie, ook gehelp terwyl hulle geen kennis het van boerdery nie, is gesê.

’n Landbou ekonoom het aan Die Vryburger gesê dit is merkwaardig hoe die blanke boer steeds staande bly ten spyte van al die ongunstige faktore wat teen hom ingespan word.

Hy sê benewens die lang lys eksterne faktore waaraan die boer weinig kan verander, is daar nog ’n landbou onvriendelike regering wat minimum lone, vreemde arbeidswette, grondgryp-aksies, bangpraat moontlikhede inspan om die boer van sy plaas te verdryf op ’n “wettige” wyse.