Noorweë betaal migrante om te trap

Die Noorweegse regering bied nou aan asielsoekers wat in die land vertoef, ’n bonus van sowat 1,100 euro as hulle bereid is om die land vrywillig te verlaat.

Volgens die Noorweegse Immigrasie Diens is die betaling van ’n bonus om ontslae te raak van die migrante goedkoper as om hulle te verduur in die land waar hulle maandeliks ’n bedrag geld ontvang tot hulle werk gevind het.

Die asielsoekers moet egter binne die volgende ses weke hulle aansoeke indien om in aanmerking te kom vir die “gee pad uit die land” bonus.

’n Woordvoerder het genoem dat die stelsel ook beteken dat die aansoek wat eerste ingehandig word, ook eerste uit die land moet vertrek.

Benewens die bonus kry die migrant nog ’n verdere 2,100 euro, wat die regering laat glo hulle kan van minstens 500 asielsoekers ontslae raak.