N-Korea hou volkskongres

Die Kommunistiese regeringsparty van Noord-Korea het aangekondig dat die party op 6 Mei ’n partykongres sal hou nadat dit vir vier dekades nagelaat is.

Die kongres word gehou in die tyd waar kernwapen toetse uitgevoer word, en politieke waarnemers sê dit is die beste tyd vir die kommuniste leier om afgevaardigdes te beïndruk oor sogenaamde “suksesse” daarmee.

Die laaste kongres is in 1980 gehou, en die jongste aankondiging word gedoen om die land se leier op eg kommunistiese styl te herkies as leier.

Alles dui daarop dat die leier, Kim Jong-Un die geleentheid sal misbruik om sy eie posisie te verstewig en daarvoor bevestiging te kry.

Die kernwapen toetse sal na verwagting hoog op die agenda wees om die “slaankrag” van Noord-Korea aan die kongres voor te hou.

Na verwagting sal die kongres, soos die vorige een in 1980, sowat vier tot vyf dae duur.