Duitsland bevorder elektriese voertuie

Die regering van Duitsland het ’n ooreenkoms aangegaan met motorvervaardigers in die land om die vervaardiging en verkope van elektriese motors te bevorder.

Die regering het ’n aankondiging gemaak oor die senders van die nasionale radio en toe gemeld dat dit tot voordeel van Duitsland sal wees.

Die owerheid beplan om die groot motorvervaardigers te “subsidieer” met ’n enkel bedrag om daarmee die mededinging teen binnebrand voertuie te verbeter.

Motorvervaardigers en handelaars word aangemoedig om elektriese motoers se verkope te stimuleer, en daarvoor stel die regering ’n 4,000 euro beskikbaar om oor te dra aan die koper daarvan.

Vroeër het die regering ontken dat hy subsidies aan motorvervaardigers betaal, maar die nuwe subsidie stelsel wat openlik gepropageer word, laat menige die wenkbroue lig.

Klaarblyklik is die regering se ondersteuning om elektriese voertuie te subsideer toe te skryf aan die teleurstellende verkope wat tot hede ondervind word in die land.

Die direkte subsidie sal na verwagting sowat 600 miljoen euro uit belasting geld beloop terwyl ’n verdere 300 miljoen deur die regering belê word om herlaai-punte op te stel.

Van die 45 miljoen motors in Duitsland, is slegs 25,000 volbloed elektriese vuurwaens, terwyl ’n bykomende 130,000 half-elektries, half binnebrand motors is.

 Die regering wil graag sien dat sowat 100,000 elektriese motors teen 2020 in Duitsland op die paaie sal wees.