Wat van vetkoekies vir vanaand

Wat eet ons vanaand? Die langnaweek is verby en ons eet sommer net iets ligs. Kom ons bak gou hierdie kitsvetkoekies, die kinders gaan vreeslik daarvan hou. Maklik en ons kan verskillende bestanddele byvoeg om dit nog smaakliker te maak.

 

Bestanddele:

 

Vir basiese resep het u nodig:

2 koppies meel

10 ml bakpoeier

5 ml sout

2 eiers

1 koppie melk

 

Genoeg olie vir diepbraai.

 

Metode:

 

Gooi olie in diep pot en laat warm word op stoofplaat.

Klits eiers en melk goed.

Sif droë bestanddele saam en voeg by eiermengsel en meng goed.

Skep eetlepelsvol in warm olie en braai aan albei kante tot ligbruin en gaar.

 

Alternatief:

Voeg by die bestanddele ½ pakkie gesnipperde brosgebraaide bacon en roer goed deur en bak dan in olie

Of

Laat eiers weg en voeg ½ blikkie geroomde mielies (sweet corn) by saam met die baconstukkies en bak  in olie.

 

Bedien warm met botter gesmeer en geniet dit saam met koffie