Voormalige Bosniese leier swaar gestraf

Die voormalige Bosniese leier, Radovan Karadzic (70), is in ’n hof skuldig bevind aan volksmoord, en ’n VN woordvoerder van die Kriminele Tribunaal sê hy was ’n hooggeplaaste wat meegedoen het aan oorlogsmisdade in Bosnië.

Tydens di Bosniese oorlog het meer as 100,000 mense omgekom binne die drie jaar tyd tussen 1992 en 1995.

Die Bosniese magte het meer as 8,000 Bosniese Moslem mans en seuns om die lewe gebring in die stad Srebrenica,

Karadzic is 40 jaar tronk toe gestuur vir sy aandeel aan die oorlogsmisdade, en as ’n man in gevorderde lewensjare, sal hy waarskynlik nie weer buite die tronkmure kom nie.

Regter O-Gon Kwon het in sy uitspraak gesê  Karadzic het beheer oorgeneem van Srebrenica, en het ingestem om duisende Bosniers in 1995 om die lewe te bring.                               

Die VN se Internasionale Kriminele Tribunaal wys daarop dat die voormalige Joegoslawië ook klagtes gelê het oor Karadzic se onmenslike optrede.

Dr Karadzic se regsverteenwoordiger, Peter Robinson het aangedui dat sy kliënt versoek het om appelleer teen die uitspraak.

Die VN Sekretaris-generaal, Ban Ki-Moon, het die uitspraak verwelkom en gesê dit is ’n geskiedkundige dag in belang van reg en geregtigheid.

Tydens di Bosniese oorlog het meer as 100,000 mense omgekom binne die drie jaar tyd tussen 1992 2n 1995.

Die Bosniese magte het sowat 8,000 Bosniese Moslem mans en seuns om die lewe gebring in die stad Srebrenica,

Die geweld is beëindig toe die land in twee gedeel is, en die Moslems in die huidige na onderhandelings ’n verdeling van die land gekom het.

Die Moslems is geskei en in ’n deel van die land gevestig wat vandag bekend is as Moslem-Croatia federasie