VN vra hulp vir honger Zimbabwe

Die Verenigde Nasies (VN) het sy pogings om noodvoorraad-voedsel aan die verhongerde Zimbabwiërs te lewer, nou verdubbel.

Die omstandighede met voedselproduksie in die Afrikaland is haglik nadat president Robert Mugabe die blanke voedselprodusente uit die land verdryf het.

Volgens die VN-woordvoerder is sowat 16 miljoen mense uitgelewer aan ’n hongerdood as noodvoorraad nie beskikbaar gestel word nie.

Die VN het gevolglik sy beroep op die internasionale gemeenskap herhaal om groter bydraes te maak om die mense van die land te red van ’n hongerdood, en het mom ook beroep op die Brics-lande om die nood te verlig.

Terwyl Europese lande, asook die VSA en Kanada nie gretig is om te help nie, weens die vroeëre neerhalende optrede van Mugabe, is die Bricslande gevra om behulpsaam t wees.

Ontleders meen egter die Bricslande, bestaande uit Rusland, Brasilië, Indie, Sjina en Suid-Afrika, is waarskynlik finansieel tot min hulp instaat weens hulle eie ekonomiese toestand wat verklaar waarom die lande nie op vorige oproepe van die VN gereageer het nie.

Landboudeskundiges wys daarop dat Zimbabwe nie ’n groter droogte het as ander lande in Suider-Afrika nie, maar het nie voedsel nie omdat die boere wat die land vir dekades van voedsel voorsien het, uitgedryf is deur die land se president.

Foto – Robert Mugabe