VN oorweeg meer maatreëls teen N-Korea

Die Verenigde Nasies (VN) se afdeling vir Menseregte het ’n resolusie aanvaar teen Noord-Korea se vergrype van menseregte in die land.

Verenigde nasies se woordvoerder het glo oorweging geskenk om Pyongyang deur die Internasionale kriminele Hof voor die gereg te kry weens beweerde menseregte skendings.

Die Raad vir Menseregte het verlede week ’n aantal deskundiges byeen geroep om te besin oor  metodes om Pyongyang te straf vir hulle wandade wat oor ’n aantal jare strek.

Die Raad het die resolusie ontvang wat blykbaar deur Japan en die Europese Unie geformuleer is en verwys  na die “ lang tyd van ononderbroke sistematiese wydlopende verontagsaming van menseregte in die “Democratic People’s Republic van Korea”.

Die resolusie bevat talle beskuldigings wat wissel van onbehoorlike tronkstraf, seksuele aanrandings tot moord.

Pyongyang het in reaksie gesê hy verwerp die resolusie en meen dit is opgestel as ’n sameswering teen Noord-Korea.

Die verteenwoordiger in Genève het gesê die aanklag teen Noord-Korea is “die produk van politieke en militêre konfrontasie deur die VSA en ander samesweerders.”

Rusland en Sjina het hulle gedistansieer van die resolusie wat deur die ander Raadslede aanvaar is.

Verskeie nuwe metodes word ondersoek om as strafmaatreëls teen Noord-Korea ingestel te word.

Foto – Kommuniste leier van Noord-Korea