Veldbrand kos Lewis Store miljoene Rand

Lewis Stores is deur ’n hof beveel om die boere se skade te betaal nadat hulle voertuig omgeslaan en ’n reuse veldbrand ontstaan het wat talle boere met groot skade gelaat het.

Die meubelhandelaar Lewis Stores moet ongeveer R17,5 miljoen uitbetaal aan 14 boere van die Edenburg distrik toe byna 16,000 hektaar weiveld afgebrand het.

Die bestuurder van die voertuig het glo beheer verloor en die bakkie omgegooi waarna ’n brand ontstaan het tussen die twee Vrystaatse dorpe Edenburg en Jagersfontein.

Volgens hofstukke het meer as 300 skape waarvan talle dragtige ooie was, en vyf wildebeeste in 2011 omgekom as gevolg van die brand

Grensheinings is beskadig deur die vuur, en baie stoetvee het omgekom in die verwoestende brand.

Regter Tiaan Pienaar het, nadat ooreenkoms tussen die partye bereik is, beveel dat Lewis ook die boere se regskoste asook die koste van die deskundiges wat in die geding moes getuig, te betaal.

Een van die boere se skade is sodanig dat hy bykans R4 miljoen vergoed sal word deur Lewis Stores.