Vavi se spoedsaak uitgestel

Die saak teen die voormalige Cosatu sekretaris-generaal, Zwelinzima Vavi is in die Edenvale landdroshof tot 15 April uitgestel.

Vavi ontken dat hy te vinnig in ‘n 120km/u sone gery het.

Twee verkeersbeamptes het getuig dat hulle die spoed twee keer geneem het en dat dit twee lesings gegee het van 178km/u en 182km/u.

Die prokureur wat vir Vavi opgetree het, het geargumenteer dat die beamptes nie met sekerheid die spoed kon uitwys nie.