Tshwane se week van water en vuur

Motoriste is gisteroggend ontwrig deur onder andere oorstroming van ‘n deel van die Wonderboom-Poort.

Die pad Noordwaarts was grootliks onbegaanbaar weens die stadsraad se versuim om die stormwatersisteem te onderhou.

Dit is, soos elders, ´n algemene probleem dat raadslede meer begaan is oor hulle inkomste en behoud van setels, as in dienslewering.

Drie Noordwaartse bane was Donderdag oorstroom, in só mate dat voertuie geforseer was om die vierde, busrylaan te gebruik.

Dit dien vermeld te word dat alhoewel goeie reën sedert gister uitsak oor die stad, dit geensins ´n uitermate volume reën verteenwoordig nie.

Dit volg op ´n week waarin die stad geruk is deur oproer in die Noord-Weste, waartydens strate en die Daspoorttonnel met brandende bande versper was.

Die week het nie goed vir Pretorianers begin nie.

Die veelbesproke snelbusdiens word ook tans lamgelê deur stakings; dit bedoel minstens daardie dele wat nie nog sukkel om weens konstruksie-agterstande in werking gestel te word nie.