Taliban vermoor tientalle Christene

Die Taliban, wat as ’n fundamentalistiese Islamitiese beweging soos ’n terroriste beweging handel, het die afgelope Paasnaweek 65 Christene vermoor wat die Paasfees geleentheid wou herdenk.

’n Taliban selfmoord bomaanval is uitgevoer in ’n Pakistanse park waar Christen vroue en kinders besig was om die Feesgeleentheid te herdenk.

Die polisiewoordvoerder sê kinders en vroue wat in die park en naaste parkeerarea in Labore, Pakistan was, was die slagoffers soos later deur die Taliban bekend gemaak is toe hulle verantwoordelikheid die voorval aanvaar het.

Enkele mans is ook gedood, maar sowat 300 mense is beseer en in verskeie hospitale opgeneem vir behandeling.

Die woordvoerder van ’n Taliban faksie sê hulle aanvaar verantwoordelikheid vir die voorval, en het die ontploffing gereël en dat Christene die teiken is.

Ooggetuies het daarna gesê die ontploffing was so hewig dat liggaamsdele oral op die park en parkeerarea gestrooi was.

Die hewige ontploffing het mense deur die lug geslinger, en die vlamme was hoër as die omliggend bome.