Russe herower Palmyra stad

Met verwoede lugaanvalle deur Russiese vegvliegtuie, opgevolg deur Siriese soldate onder Russiese bevel, is die een na die ander vesting van die Islamitiese Staat (IS) vernietig en menige terroriste gedood.

Uiteindelik, na sowat agt uur se verwoestende aanvalle, is Palmyra bevry van terroriste beheer, en het honderde lyke van die bende gestrooi gelê.

’n Moniteringsgroep het later verklaar dat die Russiese aanslae vernietigend was, en vlugtende terroriste is deur die Siriese magte afgemaai.

Die geveg wat hoofsaaklik gedurende die nag plaasgevind het, was so hewig dat die terroriste uiteindelik verplig was om te vlug, maar regeringsoldate het hulle ingewag en afgemaai.

In die vroeë oggendure het die stad stil geword, en kon die honderde terroriste lyke verwyder word uit die strate.

Die plaaslike TV-kanaal het die oggend se nuusberigte  begin met die aankondiging dat Palmyra onder volle beheer van die regering is en dat die inwoners weer rustig kan raak.

Die regering het aangekondig dat die belangrikste ruïnes van die antieke stad weer herbou gaan word wat deur die terroriste beskadig en afgebreek is.

Gedurende die afgelope weke het Siriese magte, onder Russiese bevel, verskeie gebiede rondom die stad Palmyra aangeval en herower, waarna die verwoede aanvalle op die stad uitgevoer is.

’n Aantal terroriste wat betyds op vlug geslaan het na die ooste van die land, het glo eers bomme geplant in die myne voor hulle Palmyra verlaat het.

Die gevegte rondom Palmyra het drie weke geduur, en word beskou as ’n groot terugslag vir die IS terroriste.