Rusland verban kommunistiese bord-speletjie

’n Bekende bordspeletjie wat in Pole gespeel word, en wat in die algemene spreektaal as “Kommuniste Monopoly” bekend staan, is in Rusland verbied volgens ’n woordvoerder van die “Poland’s Institute of National Remembrance” (IPN).

Die woordvoerder sê die Russiese Verbruikers Waghond het beweer die speletjie is nie eie aan die Russiese kultuur nie, en het ’n anti-Russiese aanslag.

Die Instituut sê Russiese outoriteite het gevra dat Trefl, ’n maatskappy wat die speletjie se lisensie gekoop het, behoort die direkte historiese verwysings te verwyder.

Indien dit nie gedoen kan word nie, moet die firma aanvaar dat die speletjie verbied word om in Rusland verkoop te word.

Die maatskappy se woordvoerder sê dat daar beslis nie voldoen kan word aan die vereistes wat gestel word nie, en daarom sal dit nie verder in Rusland se winkels te koop wees nie.

Die bordspeletjie wat in 2011 ontwikkel is deur Karol Madaj, het soos blits verkoop en oornag baie gewild geword in Rusland en aangrensende lande.

In Julie 2013 is meer as 20,000 kopieë van die speletjie, waarvan die amptelike naam, “Kolejka” is, in Pole en Rusland verkoop.

Dieselfde jaar het die speletjie die Poolse toekenning ontvang as die beste bordspeletjie van die jaar.