Rupert betrek by ANC knoeiery

Die ANC het by monde van Staatspresident Jacob Zuma, die biljoener Johann Rupert by die sogenaamde Nene-gate betrek.

Hy het laat blyk dat ‘n lid van die Rupertfamilie uit Londen gekom het om met top ANC-lede te praat oor die geldmarkte se ongelukkigheid met die aanstelling van Des van Rooyen as Minister van Finansies.

Gevolglik word die Gupta-oorname van die staat nou afgespeel teen “wit kapitaal” wat dieselfde probeer doen.

Zuma se seun Edward het ook ‘n klag van korrupsie teen Rupert by die Nxamala Polisiestasie gelê.

Soos ‘n swak skrumskakel het Zuma ook nou die bal uitgegee na die vorige Minister van die Presidensie, Essop Pahad, en gesê dat dit Pahad was wat die Guptas in die ANC-kring ingebring het.

Ramaphosa word genoem deur Zuma as die persoon wat die Ruperts kom sien het, hoewel Ramaphosa die bewering ten sterkste ontken het.

So groei die slang net nuwe koppe as een afgekap word. Dat geld en mag die swaarste weeg in die binnekringe van die ANC is so duidelik soos daglig.