NWU Mafikeng kampus heropen

Die Noordwes- Universiteit se Mafikengkampus wat vir vyf weke gesluit was, heropen vandag.

Die sluiting was weens die gewelddadige optrede van terroriste-studente wat die administratiewe- en wetenskapgeboue in puin gelê het.

Derduisende rande se skade is aangerig deur hierdie studente in protes oor die inswering van ‘n nuwe studenteraad. Sekuriteit is opgeskerp om verdere skade te voorkom en in ‘n verklaring deur die bestuur van die Universiteit is gesê dat indien enige verdere ontwrigtings sou plaasvind, die kampus vir die semester gesluit word.

Dis te hope dat die bestuur voet by stuk sal hou indien daar weer onluste sou wees. Intussen het die Minister van Hoër Opvoeding en Tegnologie, Blade Nzimande, aangekondig dat hy R500 miljoen bewillig het vir studentebehuising by universiteite.

Miljoene rande se skade word aangerig deur jong terroriste en dan word daar as teen-aanbod weer miljoene bewillig om hulle te huisves.

Hoe verstaan mens dit?