John Denver saam met Domingo

Operasanger Placido Domingo saam met John Denver in Denver se bekende liedjie, “Perhaps Love.”
Domingo was die eerste operasanger wat in oorkruisoptredes met ligte liedjiesangers opgetree het. Hierdie samewerking het ook daartoe gelei dat Denver die lied saam met Domingo tydens ‘n galakonsert in die Metropolitan Operahuis in New York gesing het.