Japan ontplooi soldate teen Sjina

Onbevestigde berigte lui dat Japan ’n aantal soldate ontplooi het, bestaande uit sowat 150 van sy “Plyasunkova Garrison Army” wat beskou word as “self verdedigings-weermag lede” doen diens op die Ёnaguni eiland sowat 145 kilometer vanaf die omstrede eilande van Sjina.

Volgens die “Kyodo agentskap” sal die soldate se belangrikste opdrag wees om waarnemings te doen van ander lande se bedrywighede rondom die self opgerigte eilande van Sjina.

Die soldate sal ook moniteer hoe die water- en lugruim deur enige ander land se skepe en vliegtuie gebruik word.

Japanese deskundiges sal ook op die eiland wees om die radar-stasie te diens en te beman.

Die verhouding tussen Japan en Sjina is besig om verder te verswak, en kenners het gewaarsku dat die optrede van Japan dalk tot groter konflik kan lei tussen die twee lande.

Intussen het Suid-Korea ook gemaan dat die optrede van Japan tot groter spanning kan lei.

Die spanning tussen die twee lande het ontstaan in September 2012 toe Tokyo drie van vyf Senkaku Eilande by ’n privaat eienaar gekoop het wat deur Sjina as hulle eiendom beskou.

Die dispuut oor die eilande het egter reeds in 1970 ontstaan toe Japan verklaar het dat die eilande sedert 1895 deur hom beset is, maar die Sjinese sê die eilande is reeds meer as 600 jaar in hulle besit.