IS-magte gebruik gifstof en mosterdgas

Die Islamitiese Staat (IS) het ’n dorpie in die noorde van Irak met gif-vuurpyle aangeval wat meer as 40 inwoners in ’n “asemnood” laat beland en ’n geweldige vel irritasie opgedoen het

Die inligting is bekend gemaak deur die goewerneur van die Kirkukprovinsie waar die gif-aanvalle uitgevoer is.

Vinnige optrede van mediese personeel het verhoed dat enige van die slagoffers omgekom het van die onbekende gifsoort wat deur die terroriste gebruik is.

Die Amerikaanse Weermag het intussen beweer dat die IS-magte beskik oor ’n afdeling wat chemiese wapens vervaardig wat in Irak gebruik word.

Berigte wat deur die Amerikaanse TV, CNN gebeeldsaai is, het die VSA Weermag laat optree deur verskeie lugaanvalle op strategiese IS-basisse uit te voer.

Volgens mediaberigte het die Amerikaanse “elite troepe” vooraf vasgestel waar die IS-terroriste hulle aanleg vir die vervaardiging van mosterdgas opgerig het.

Die terroriste gebruik die mosterdgas in poeiervorm en versprei dit deur die afvuur van gelaaide projektiele.

Die Weermag beweer dat die IS-magte sowat 12 voorvalle veroorsaak het waarvan een deel in Irak uitgevoer is en die ander in Sirië.

Ondersoeke wat gedoen is lui dat die mosterdgas aanvalle nie sterk genoeg is om mense te dood nie, maar kan hulle wel erg vermink.