Ierland herdenk luisterryk historiese gebeurtenis

Die afgelope Paasnaweek het Ierland sy grootste herdenkingsgeleentheid gehad toe meer as 4,000 Iere van die Verdedigingsmagte op parade was om die “Paas Opkoms Rebellie” van 1916 te herdenk.

Tydens die gebeure ’n 100 jaar gelede, is 15 Ierse rebelle gefussileer vir hulle aandeel in die opkoms teen Britse oorheersing.

Ten aanskoue van derduisende Iere, het die 4,000 weermaglede deur die strate van Dublin marsjeer ter herdenking van ’n groot historiese gebeurtenis.

By ’n sentrale punt, bekend as Kilmainham Gaol, het president Michael Higgins ’n pragtige krans gelê waar die 15 rebelle gesterf het.

Die geleentheid word deur Ierland beskou as die grootste byeenkoms wat nog ooit in die volk se geskiedenis gehou is toe derduisende mense langs die strate kon staan en kyk hoe die verby-mars luisterryk plaasvind.

Op die foto staan die Ierse president Higgins (regs) in afwagting om die kranslegging op eerbiedwaardige wyse waar te neem.