Gekaapte vliegtuig land in Siprus

’n Man het die passasiersvliegtuig van ’n Egiptiese redery gekaap het, is daarvoor verantwoordelik dat die tuig na Siprus gedwing is en daar moes land.

Die president van Siprus het gesê die kaping hou nie met terroriste verband nie, en die grootste aantal mense aan boord is vrygelaat.

Die vliegtuig met meer as 90 passasiers aan boord moes land by die Larnaca Internasionale Lughawe van Siprus.

’n Minister van Egipte het later verklaar dat die kaping hulle aandag kry en dat al die nodige stappe gedoen sal word om die gyselaars te bevry.

Onderhandelings word reeds gevoer met die kaper.

’n Passasier het glo aan die vlieënier gesê die vliegtuig het ’n bom aan boord, en hy moet onverwyld na Larnaca en daar land.

Die vliegtuig, ’n Airbus A 320, was onderweg tussen Alexandria en Kairo toe die kaper opgetree het.

Die Egiptiese woordvoerder sê die kaptein, mede-vlieënier en lugwaardinne tesame met drie passasiers word gyselaar gehou.

Twee uur later het die kaper homself oorgegee nadat dit duidelik geword het dat hy nie sy eis uitgevoer sal kry om met sy voormalige huweliksmaat te praat nie.