Fidel Castro gee Obama gas

Die afgetrede kommunistiese leier van Kuba, Fidel Castro het die Amerikaanse President, Barack Obama, se besoek aan Kuba afgemaak as “sweet talking”. Obama se besoek was daarop gemik om verhoudings tussen die VSA en Kuba te normaliseer na die jare se sogenaamde koue oorlog.

Castro het gesê dat hulle nie hulp benodig van die VSA nie. Hoewel Obama nie Castro self ontmoet het nie en Castro reeds afgetree is, is sy invloed in Kuba nog steeds aansienlik veral onder die ouer garde.

Castro het die VSA se rol in Suid-Afrika ook onder skoot gebring rondom die aanskaf van kernwapens tydens die apartheidsera.