EU en Merkel kry weerstand

Parlementslede oor die hele spektrum van politieke denke in die Europese Unie het hulle ontevredenheid uitgespreek oor die migrasie-beleid wat toegepas word en deur kanselier Merkel geïnisieer is.

Die parlementslede bevraagteken die ooreenkoms wat met Turkye aangegaan is en beweer dat dit bots met die internasionale konvensies.

Die EU-Turkse ooreenkoms wat deur kanselier Merkel voorgestel is, en as ’n deurbraak beskou is vir die bestuur van die migrantekrisis, het wye ontevredenheid ontlok tydens die jongste sitting van die Europese Parlement.

Turkye moet, ingevolge die nuwe ooreenkoms die onwettige migrante terugneem wat probeer het om in Europa te kom sonder om deur die grenskontroles te beweeg.

Die ooreenkoms maak ook voorsiening dat die EU miljarde euro aan Turkye betaal ter uitvoering van die nodige beheermaatreëls.

Terwyl sosialiste in die EU parlement gekant is teen enige beheermaatreëls, is konserwatiewes sterk gekant teen enige ongekontroleerde toelating van migrante wat kan lei tot die insypeling van terroriste.

Syed Kamall, die leier van die Europese Konserwatiewes bevraagteken die ooreenkoms en sê dit is waarskynlik nie in ooreenstemming met die internasionale regulasies nie, en behoort hersien te word.

Hy sê die ooreenkoms is onwettig en onprakties, wat sodanig is dat lande hulle eie regte moet opskeur om te voldoen aan die ooreenkoms van die EU wat nie voldoen aan die internasionale regulasies nie.

Die president van die “Alliansie van Liberales en Demokrate in Europa”,

Guy Verhofstadt, het gesê die ooreenkoms is “hoogs problematies”.