EFF-optog na UP gekanselleer

‘n Protesoptog van die EFF se rooibrigade na UP, is voorlopig afgelas.

Die UP-bestuur het egter by voorbaat onderneem dat aanklagte teen studente wat vir geweldpleging gearresteer is, teruggetrek sal word. 

Hierdie slap houding, wat soos petrol op die vuur van die betogers is, word skynbaar nie deur die “intellektuele liberaliste” van UP se uitvoerende bestuur raakgesien nie.

Die vraag is net wat het nou van die ooreenkoms tussen die EFF, Solidariteit, Afri-forum en die res geword?