Eerste sneeu van die jaar

Die eerste ligte sneeu het Saterdagaand op die Matroosberge in die Wes-Kaap geval.

Dit is die eerste tekens van die naderende winter hoewel die binneland nog vir ‘n tyd matige warm weer sal beleef.

‘n Kouefront sal vanaand oor die Suid-Weskus beweeg met waarskuwing van winde tot en met 65km/u. Die winde sal ook die bo Wes-Kaap en die suidelike dele van die Noord-Kaap bereik.

Belofte van reën is nie uitgesluit nie. Intussen het dele van die Wes-Kaap hulle eerste reëns ervaar tot so ver as Boesmanland.

Foto ter illustrasie