Clinton e-pos skandaal kry nuwe wending

Die Republikeinse Nasionale Komitee het twee regsake geliasseer om sekere e-posse onder oë te kry wat deur die Demokrate se presidentskandidaat, Hillary Clinton hanteer is tydens haar ampstermyn in die regering van Obama.

Die nuutste wending kan die voorloper in die Demokrate se kamp aansienlik beïnvloed wat volgens politieke ontleders ook haar ondergang as presidentskandidaat kan beteken.

Die VSA se Departement van Buitelndse Sake wou geen kommentaar lewer op enige navrae wat tot hulle gerig is in verband met die betrokke e-posse wat nou as ’n skandaal beskou word nie.

Die woordvoerder van die Obamaregering, John Kirby, het gesê hy kan nie kommentaar lewer oor die aangeleentheid solank as wat die saak ondersoek word nie.

Die Republikeinse Nasionale Komitee sê in hulle stukke dat die stappe word geneem weens die regering se onwilligheid om te voldoen aan die vereistes soos vervat in die wetsbepaling van Vryheid tot Inligting.

Kenners wys daarop dat die e-posse se beskikbaarheid aan die Republikeine, die aanslag teen haar as moontlike presidentskandidaat van die Demokrate, kan verongeluk met die argument dat sy “nie geskik is as regeerder van Amerika nie”.

Foto – Hillary Clinton