Angie Motshekga bewaar stilswye

‘n Verslag oor die “werk te koop”-skandaal in die Departement van Basiese Onderwys (BO) sal op 15 April bekend gemaak word.

Voor die bekendmaking sal die Minister van die “baie” basiese onderwys die verslag met vakbonde en verteenwoordigers van skoolbeheerliggame bespreek.

Die onderwysersvereninging Sadtu is na bewering betrokke by aanstellings van onderwys- en skoolhoofposte teen ‘n “vergoeding” natuurlik.

In ‘n interim verklaring het die Minister egter reeds laat blyk dat daar korrupsie en inmenging betrokke was by die aanstellings.

Na verwagting sal die verslag die skuld op blankes en apartheid plaas.

Foto: Angie Motshekga