Adjunk-minister eet en drink die staat bankrot

Ten spyte van die sogenaamde inkorting van hoë-profiel amptenare wat reeds in Oktober 2014 aangekondig is, het die adjunk-minister van Korrektiewe Dienste sedert Februarie 2015 tot Januarie vanjaar, R225,119 geëis vir onthaaltoelaes. Dit sluit ‘n bedrag van R50,146 in vir die gebruik van alkoholiese drank.

Die tronkowerhede sien dit egter nie as ‘n spanderingsprobleem nie aangesien die Minister, Thabang Makwetla, ‘n lid van die uitvoerende komitee is en hy baie vergaderings moet hou met gemeenskapslede en eksterne belanghebbendes. Onthaal van vriende in luukse restaurante is skynbaar aan die orde van die dag.