Zuma ‘n verleentheid vir komende verkiesing

In die ANC-binnekring is daar groot kommer oor hoe die kiesers volgende jaar by die stembus sal reageer oor pres. Jacob Zuma se ondeurdagte kanbinetskuiwe die afgelope paar dae.
Die ANC, SAKP en Cosatu is bekommerd dat die kiesers die ANC gaan looi by die stembus omdat hulle van mening is dat Zuma met die Suid-Afrikaanse ekonomie dobbel.
Verder is daar ontevredenheid omdat die liggewig agterbanker, Des van Rooyen herontplooi is as Minister van Samewerkende Regering. Daar word geskimp dat hy nie die ervaring het om iets so belangrik soos plaaslike regering te kan bestuur nie.
Dit het aan die lig gekom dat Van Rooyen so ongewild tydens sy termyn as burgemeester van die Merafong-munisipaliteit aan die Wes-Rand was, dat sy huis selfs afgebrand is.