Wêreld-ekonomie nadelig vir uitvoere

Die invloed van die wêreldekonomie kan die omstandighede van Suid-Afrikaanse boere benadeel, en bestaan die moontlikheid dat landbouers sukkel om afsetgebiede te vind vir hulle produksie.

Dit is die mening van ’n onafhanklike landbou ekonoom van Transvaal nadat dit bekend geword het dat die verswakkende Sjinese ekonomie sekere uitvoere nadelig raak vir landbouers van Suid-Afrika.

Bemarkers van Suid-Afrikaanse landbouprodukte sê hulle is saam met produsente bekommerd oor die bemarking van verskeie produkte weens die insinking van die Sjinese markte.

Dit is nie net die inmaakbedryf wat rede tot kommer het nie, maar ook die vars vrugtebedryf kan ernstige skade opdoen as Sjina se aankope begin taan.

Suid-Afrika se inmaakbedryf voer bykans 90% van sy produksie uit na ander lande, waarvan Sjina tans die grootste koper is.

Die vars vrugte bedryf het in die afgelope paar jaar nuwe markte bekom in Sjina, wat besig is om die bedryf ’n stewige hupstoot te gee, maar uitvoeragentskappe sê dit sal onverstandig wees om op die wisselvallige mark te steun.

Sjina se groeikoers het van meer as 11% tot 6% gedaal, wat ’n besliste invloed het op hulle invoere uit Suid-Afrika, en daarom is dit noodsaaklik dat die gevestigde kliëntebasis nie verwaarloos sal word nie, het hy gesê.