Wolprys styg nog steeds

Die wolprys het belowende neigings getoon met die jongste veiling, en het minstens met 1,2% gestyg volgens Cape Wool se aanwysers.

Die aanwysers vir merino wol het ’n styging met 172 punte gehad om ’n sluitingsprys van R141.45 per kilogram te lewer.

Met die sterk aanvraag wat deur talle gereelde kliënte getoon is, het die wolmark bestendig gestyg en selfs beter stygings getoon as die Australiese mark wat 0,6% toegeneem het.

G Modiano SA (4,499) Standard Wool SA (4,420), Lempriere SA (3,309), en Stucken & Co (1,059) was die grootste kopers op die jongste veiling..

Dit was die laaste veiling vir 2015, en die volgende een vind plaas op 13 Januarie 2016.