Windtorings by Noupoort vorder

Vyf van die 35 beplande windtorings is by die Noupoort-windkragaanleg voltooi. Wanneer alles teen die middel van volgende jaar voltooi is behoort die aanleg sowat 80 megawatt (MW) op te wek.
Die projek wat R1,9 miljard kos, sal waarskynlik 300,000 ton skadelike koostofvrylating uit die lug hou en 70,000 huise van elektrisiteit voorsien.
Volgens die projekbestuurder, Martina Flanagan, is die aanleg
op ’n plek waar goeie windbronne voorkom.
Dit is sowat 11 km van die naaste Eskom-voerpunt­ waar die windkrag
by die elektrisiteitsnetwerk sal inskakel.