Perspektief – wie het wat na SA gebring

Vroeg in 2015 het die ANC se Jacob Zuma die goedgelowige aanbidders van die Mandela-mite deeglik geskud met sy uitlatings dat van Riebeeck se aankoms in Kaapstad net probleme vir Suid-Afrika gebring het.

Wat is die waarheid?

Kom ons ignoreer vir een oomblik die president se agtergeblewe opvoeding – dat nóg Kaapstad, nóg Suid-Afrika in 1652 nog nie bestaan het nie.

Kom ons gee hom verder die voordeel van sy agtergeblewe algemene kennis oor argeologie – die ondersoek van fisiese beskawingsBEWYSE – en natuurlik die grootliks afwesige bewyse van swart ontwikkeling van die land.

Ons kan sekerlik weke lank redeneer, maar dit blyk dat, in die tydwrig wat die drie skepe aan die Kaap van Goeie Hoop anker gegooi het, het die eerste swart koloniste die Limpopo te voet begin oorsteek.

In die Goue Akker winkelsentrum in Kaapstad was interessante opgrawings bewaar uit die vroegste dae van Kaapstad;  die Kasteel, omliggende landgoedere en wingerde spreek oor die eeue steeds van ONTWIKKELING. 

Oor die lengte en breedte van ons land vind ons steeds bouvalle van die ontwikkeling van weleer.

Die grashutte van en grondkol-statte van gelyklopende swart ontwikkeling blyk afwesig te wees – bes moontlik weens rassistiese weerpatrone?

Maar van Riebeeck het iets anders gebring, wat ons nie kan raaksien of vashou of opgrawe nie.

BESKAWING – geskoei op suiwer geloof, het dit ingesluit norme en waardes, die soeke na kennis en nuwe ontwikkeling in haas elke veld van menslike studie en wetenskap.

Maar meer nog het van Riebeeck se Christen-protestantse geloof, naasteliefde na Suid-Afrika gebring.

Daarom, anders as die moord-impi’s wat gedurende die Difaqane tiene-, selfs honderde duisende uitgewis het, het die Voortrekkers na Bloedrivier die Zoeloekoninkryk erken en ondersteun, in later dekades herstel na Britse onderdrukking.

In die 1850’s is die eertydse Xhosa-stropersvolk, vasgevang in bygelowige hongersnoood, gered deur hul blanke landgenote!

Selfs gedurende die gehate “apartheidsjare” is biljoene der biljoene Rande spandeer uit blanke sak aan swart ontwikkeling, tuislande en opvoeding.

Vandag nog word die oorblyfsels van die ekonomie lewend gehou deur derduisende onderdruktes – blanke entrepeneurskap en liefdadigheid skep steeds ´n heenkome vir swart Afrika se onbeholpenheid.

Blanke belastingbetalers betaal doodgewoon onbillike vlakke van belasting.

Spasie ontbreek om in een rubriek hierdie omvattende saak toe te lig.

Indien Jan van Riebeeck enigiets na Afrika gebring het, was dit ´n uiteindelike pioniersgees, ´n beskouing van bou en bewaar.

Indien Jan van Riebeeck en ons voorsate enige Afrika-leefwyse kom onderbreek het, was dit die siklusse van moord-en-roof, die algemene onvrede en ´n bestaansleefwyse wat van droogte tot hongersnood gestrompel het – soos groot dele van Afrika steeds sprekend tentoonstel in die 21ste eeu.